KIMBERLEY – Maximus en Coco, twee Pekingese-hondjies wat Saterdag 4 Januarie in Markotterstraat, New Park, weggeraak het, is gevind. Die hondjies is drie weke nadat hulle weggeraak het, gevind.
Anina Duvenhage, die eienaar van die twee hondjies, het pas op haar besigheid se Facebook-bladsy bekend gemaak dat die hondjies gevind is. “Ek kan ongelukkig nie verder uitbrei oor hoe en waar ek hulle gevind het nie.”
Sy het almal bedank wat help soek het na die hondjies, spesiaal vir die persoon wat se tip-off na die opsporing van die hondjie gelei het.



