CALVINIA – ’n 43-Jarige man is hier na bewering vir die kweek en handeldryf in dagga in hegtenis geneem.
Beslag is gelê op 8 kg se daggabome, sê a.o. Hawksley, polisiewoordvoerder.
Lt.-kol. Vincent van Wyk, bevelvoerder van die Calvinia-polisiekantoor, het polisiebeamptes bedank vir uitmuntende dienslewering wat dwelms van die strate verwyder.
Die beskuldigde verskyn binnekort in die Calvinia-landdroshof op aanklag van handeldryf in dagga.
Die ondersoek duur voort.



