Mense vind hekke en motorhuisdeure oop

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ‘n Vreemde verskynsel het gisternag hier gebeur, waar verskeie hekke en motorhuisdeure oopgelos is.

Wickus Coetzee, eienaar van Scorp Security, sê hy het verskeie klagtes van kliënte ontvang waar hekke en deure oopgelos is.

“Ons ondersoek dit. Dit is baie vreemd, want van dié hekke word met afstandbeheer oopgemaak. Dit beteken iemand moet ‘n sleutel of kode hê waarmee die hekke beheer word.”

Enigiemand wat dit ook oorgekom het, kan Coetzee by 084 593 2681 bel.