Ons almal ken die gevoel om ’n kussingsloop af te trek en ’n geel kussing, wat wit was, staar jou in die gesig. Hier is ’n maklike en effektiewe manier om jou kussingsloop splinternuut en spierwit te kry.
Wat jy gaan benodig:
- 1 koppie waspoeier
- 1 koppie skottelgoed wasmiddel
- 1 koppie bleikmiddel
- ½ koppie boraks

Metode
- Was jou kussing met die bogenoemde mengsel
- Skud die kussing na die tyd uit en plaas dit twee dae in die son
- Skud gereeld die kussing sodat die vere kan uitsprei
- Gooi die kussing in die tuimeldroër saam met ’n tennisbal – die bal beweeg in die droër rond en dit maak die vere lig en los.



