August 4, 2021

Water lek steeds by Waterwerke

Kimberley – Water lek steeds in Waterwerkestraat by Waterwerke. Die probleem is al menige male gerapporteer.

Neels du Plooy, ’n inwoner van die gebied, het die waterlek al self ’n paar keer  gerapporteer, maar steeds word daar niks aan die situasie gedoen nie. “Daar gaan duisende liters water verlore en dit kom uit die gemeenskap se sak uit.”

FiND  iT het drie maande gelede reeds oor die lek berig.

FiND iT het navraag by Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, gedoen, maar wag steeds om terugvoer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *