Vermeende dwelmhandelaar uit op borg

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Uchechukwa Igwe (30), ’n vermeende dwelmhandelaar wat op 7 Januarie 2020 by ’n huis in Herlear in hegtenis geneem is, het vandag in die landdroshof verskyn.

Die polisie het 2.4 kg Khat en 500g Tik by dié huis gekry. Die waarde van dié dwelms is ongeveer R1.7 miljoen. ’n Voertuig, wat na bewering gebruik is om die dwelms te versprei, is ook gekonfiskeer.

Igwe het vandag weer voor landdros Memory Qomoyi verskyn en is borgtog van R10 000 toegestaan. Igwe moet drie dae per week aan die Phakamile Mabijastraat-polisiestasie rapporteer.

Die saak sal op 4 Maart voortgaan.

Lees vorige artikels hier:

https://find-it.co.za/2020/01/09/r1-5-miljoen-se-dwelms-in-kimberley-gekry/

https://find-it.co.za/2020/01/09/buitelander-aangekla-vir-besit-van-dwelms/