Buitelander aangekla vir besit van dwelms

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die man wat Dinsdag hier op aanklag van die besit van dwelms aangekla is, sal weer op 13 Januarie in die hof verskyn.

Uchechukwa Igwe (30), van Nigerië, is in ’n huis in Herlear in hegtenis geneem nadat die polisie op dié huis toegeslaan het.

Die polisie het op meer as R1.7 miljoen se dwelms hier beslag gelê, waaronder Khat en Tik. Daar is ook op ’n voertuig beslag gelê.

Igwe het gister in die hof voor landdros Memory Qomoyi verskyn. Philemon Mathivha kla aan.

Igwe bly in aanhouding. Lees die vorige storie hier.