Dertien-jarige meisie vermis

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Dertienjarige meisie het op Saterdag, 18 Januarie, in Colville verdwyn.


Volgens die vermiste se ma, Chardey Peters, het haar dogter ’n navy blou denim, ’n swart hemp en ’n blougrys pet aangehad toe sy weggeraak het.

“Sy is omtrent 15:00 hier weg saam met ’n groep vriende. Sy het my Saterdagaand nog laat weet dat sy binnekort huis toe kom, maar het nooit nie.”


Peters sê dat sy nie aan enige rede kan dink waarom haar dogter sou weghardloop van die huis nie en is baie bang dat haar dogter ontvoer is.