Drie verdagtes gryp handsak by mall-parkering vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Drie verdagtes is by North Cape-mall vasgetrek nadat een ’n vrou se handsak in die parkeergebied aan Jacobus Smitlaan probeer gryp het.

Volgens ’n sekuriteitsbeampte by die mall is die eerste verdagte as gevolg van vinnige reaksie deur beamptes op die toneel gevang. “Nog twee verdagtes het in Jacobus Smitlaan gevlug.”

Die boewe is deur sekuriteitbeamptes agternagesit. Meer as agt lede van die gemeenskap, onder andere ’n werker van ’n nabygeleë besigheid, het bystand gebied en gehelp om al die verdagtes vas te trek.

Die polisie is ontbied.

FiND iT het navrae by die Kimberley-polisie ingedien.

Lees ons vorige berig vir veiligheidswenke, Polisie gee veiligheidswenke vir Black Friday.