Ontvoering tydens vakansie – wees waaksaam

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvoering het  Suid-Afrika in 2019 hard getref. Die vakansietyd is om die draai en dit is ’n tyd vir kinders om te ontspan en welverdiende vryheid en plesier te geniet. Tog moet ouers bewus wees dat hierdie tyd van die jaar daar ’n groter risko en gevaar is vir kinders om ontvoer te word.

Wees op die uitkyk

  • Vakansiebestemmings en oorde is ’n goeie plek vir mensehandelaars om kinders te teiken.
  • Ontvoering kan oral in die wêreld plaasvind en geen vakansiebestemming moet as veilig beskou word nie.
  • In baie lande beteken uiterste armoede en korrupsie dat jy of jou kinders vir ’n losprys ontvoer kan word.
  • Ouers wat op ’n onbekende plek is, sal dit moeiliker vind om hulp te kry en na hul vermiste kind te soek.
  • Kinders sal nie weet hoe en by wie om hulp te vra nie.
  • Alhoewel vreemde ontvoering skaars is, is die meeste  misdade een van geleentheid.
  • Dit word dikwels nie tot ’n groot mate beplan nie, maar word eerder deur die dader op die ingewing van die oomblik aangegryp.
  • Terwyl kinders die veiligheid van hul skole verlaat om sorgelose somers buite te spandeer deur pretparke, strande en winkelsentrums te besoek en later as gewoonlik buite te bly, maak hulle hulself meer toeganklik vir ontvoerders.
  • Alhoewel ons wil hê dat ons kinders sorgvrye vakansiedae moet geniet en ons nie wil hê hulle moet bang  wees nie, kan ons kinders opvoed oor die risiko’s en hoe om veilig te bly.  So kan mens verhoed dat enige ouer se ergste magmerrie  waar word.
  • Ontvoering deur vreemdelinge gedurende hierdie vakansietydperk is buitengewoon skaars, maar daar is ’n groter risiko vir ontvoering deur familie of iemand wat jou kinders ken.