Gebarste pyp al drie maal gerapporteer, lek steeds

Deel hierdie storie / Share this story

Inwoners van Coatenlaan, Cassandra, het ’n gebarste pyp reeds drie keer gerapporteer, maar geen verwysingsnommer ontvang nie. Die probleem is ook tot op hede nog nie herstel nie.

Inwoners is ontsteld oor die hoeveelheid water wat wegstroom.

FiND iT het navraag by Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.  Ons hou julle op hoogte.