Polisie gee veiligheidswenke vir Black Friday

Deel hierdie storie / Share this story

Black Friday is om die draai en meeste mense beplan om op winskoopiejagte te gaan. Die polisie wil die gemeenskap waarsku om hulself veilig te hou en waaksaam te wees. Skelms sal hierdie tyd gebruik om niksvermoedende mense onkant te vang.

Om te verseker jou inkopie-ervaring is veilig, gee die polisie ’n paar wenke:

  • Wees ten alle tye waaksaam;
  • Hou jou kontant en ander waardevolle items veilig;
  • Wees versigtig in vol winkels en rye, waar kriminele makliker goed uit jou sakke kan haal sonder dat jy dit agterkom;
  • Moenie waardevolle goed in sig hou nie;
  • Hou jou handsak by jou en hou die ritsluiter toe;
  • Bêre jou beursie in ’n binneste sak;
  • Kaarttransaksies moet voor jou gedoen word;
  • Hou jou kind ten alle tye dop en by jou;
  • Skryf jou foonnommer op jou kind se hand of arm vir ingeval julle dalk geskei word.