Magersfontein Memorial Golf Estate hou gholfdag ten bate van droogtehulp

Magersfontein Memorial Golf Estate (MMGE) het saam met Golfers are Givers die inisiatief geneem om geld vir die Droogtehulp fonds in te samel.

Die gholdag sal Saterdag 30 November 2019 by MMGE plaasvind. Dit word Baal vir ’n Boer genoem om fondse in te samel om hierdie desperate saak te ondersteun.

Besproeiingsboere in die omgewing van Kimberley, Jacobsdal en Modderrivier het onmiddellik aan boord gekom en bale geskenk wat aan Griekwastad gelewer sal word. Die voortslepende droogte hier word die slegste droogte van die eeu genoem.

Hier is hoe jy kan help:

  • Skryf in vir ’n vierbal teen R100 per speler in, dit sluit u rondte, halfpad (spitbraai teen R160);
  • Kontantskenking om bale te koop;
  • Koop ’n putjie op die baan @ R1000 per putjie vir uitgebreide bemarkingsgeleenthede;
  • Skenk pryse.

Alle fondse wat gedurende hierdie gholfdag ingesamel word, word gebruik om meer bale te koop en die vervoerkoste na Griekwastad te dek.

“Ons is van borge afhanklik om ons te help om hierdie dag ’n sukses te maak en ons vra elkeen wat kan help met die skenkings om ons asseblief te kontak vir verdere inligting,” sê Cecile Burger, bemarkingsbestuurder van MMGE.

Kontak ons by: 082 934 7117 | [email protected]

In winters chill or summer’s heat, a farmer works so the world can eat. Let’s jump in and make a difference in their lives, even the smallest contribution counts.” – Magersfontein Memorial Golf Estate

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: