Die grootste meteoorreën van die jaar, die Geminids, is op pad na die Suid-Afrikaanse naghemel op 13 Desember.
Geniet jy dit om die sterre te bestudeer of selfs net op ‘n kombers te lê en na die skitterende liggies te kyk wat aan die swart uitspansel hang? Op 13 Desember 2019 sal die asemrowende Geminids-meteoorrëen sigbaar wees in die naglig met helder verskietende sterre.
Volgens NASA se metoorkenner Bill Cooke is hierdie een van die grootste en helderste meteoorreëns van die jaar met 50 – 100 verskietende sterre per uur, maar as gevolg van die volmaan wat begin op 12 Desember sal omtrent net 20 – 30 verskietende sterre per uur sigbaar wees.
Meer inligting hier van die Astronomical Society of South Africa oor wanneer presies om te kyk:
Nogtans, moenie dat dit jou afskrik nie. 20 -30 verskietende sterre is nogtans iets wonderlik om te aanskou!



