August 4, 2021

Middestad word rommelnes

KIMBERLEY – Vullis is net so ‘n groot probleem in die middestad as ander gedeeltes van Kimberley, het ’n inwoner oor die naweek uitgevind.

Santie O’Connell, ’n inwoner hier, het drie foto’s wat Sondag in die middestad geneem is op ’n plaaslike Facebook-groep geplaas.

Die rommel skep ’n swak indruk by toeriste wat die stad besoek, sê sy.

Chantelle Rheder Brits, nog ’n inwoner, sê sy is geskok om te sien hoe dit lyk.

Brian Culver sê ook dit is skokkend en ’n skande om die stad so te sien.

Dalene Grove het op dieselfde plasing gesê Upington is die skoonste in die Noord-Kaap.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *