Die Kimberley Diamond Cup beloof om hierdie jaar ‘n familie-vriendelike geleentheid te wees. Nie net gaan die kaartjies verniet wees op Howler nie, jy kan ook elke aand hope vermaak, wat selfs kunstenaars soos Mi Casa insluit, verwag.
Daar gaan ‘n kinderarea vir die kleinspan wees. Lede van die gemeenskap kom bymekaar om stalletjies aan te bied wat klere, kos en kuns insluit. Jy kan die FiND iT-blad volg om te sien hoe internasionale aksiesport-liefhebbers vir ons vertel van hulle ondervinding hier in Kimberley en wat julle alles kan verwag.
Maak seker jy besoek die Kimberley Diamond Cup elke dag vanaf 5 -7 Desember om elke dag iets nuuts te ervaar.



