GROEN: Matige gevaar vir veldbrand

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die Suid-Afrikaanse weerdiens het groen vir vandag op die brandgevaarindeks (BGI) in die Kimberley-gebied aangedui.

Riaan Janse van Vuuren van die Kimberley-brandweer sê hulle voer daagliks die BGI deur, en hulle aandag bly gevestig op brandgevare. 

“Ons bid vir reën en uitkoms. Vandag is dit gepas om te sê: ‘Dankie Here vir die uitkoms en die reën’. Veilig wees,” sluit Janse van Vuuren af.

’n Temperatuur van 18°C word tans hier aangedui en ’n maksimum van 28°C word verwag.