Rosedale-meisie vir medeleerder se moord gearresteer

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON – Die 16-jarige dogter wat ’n medeleerder (14) in Rosedale op Upington doodgesteek het, is in hegtenis geneem.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is by ’n plek van veiligheid in aanhouding vir assessering deur ’n probasiebeampte. Sy gaan binnekort voor die hof verskyn.

Lees ons vorige berig, Meisie steek medeleerder by skool dood.