Meisie steek medeleerder by skool dood

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON. – Die polisie hier ondersoek ’n saak van moord nadat ’n 16-jarige vroulike leerder na bewering ’n medeleerder (14) met ’n mes in die bors doodgesteek het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die voorval het vanoggend ná 07:00 by Rosendal Intermediêre Skool op Upington.

“Die slagoffer is per ambulans vir mediese behandeling vervoer, maar het aan haar beserings beswyk op pad hospitaal toe.”

Ramatseba sê geen arrestasie is tot dusvêr gedoen nie. “Die ondersoek duur voort.”

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van onderwys, sê die vermeende oortreder is geskors, hangende die uitslag van ’n tugverhoor en sal geïsoleer word en voortgaan om haar eksamen onder toesig te skryf.

Lees die vorige berig hier.