Die provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, Lt.-genl. Risimati Shivuri, het saam met die premier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul, en die lid van die uitvoerende raad (LUR) vir vervoer, veiligheid en skakeling, me. Nontobeko Vilakazi, ’n ereparade vir die waardering van polisielede vir hul lojale diens in die Suid-Afrikaanse polisiediens in Sai Militêre basis 3 op Donderdag 21 November 201 gehou.
Lt.-genl. Shivuri het lede hartlik verwelkom by hierdie belangrike gebeurtenis en het die belangrikste kenmerke van ’n polisiebeampte beklemtoon wat die gemeenskap onbaatsugtig dien om ’n veilige Suid-Afrika te verseker.
Na die lees van die gedragskode deur kapt. Sergio Kock het polisielede uiteindelik ‘n merkwaardige oomblik beleef toe hulle hul lojale diensmedaljes vir onderskeidelik 10, 20 en 40 jaar toegeken is deur die Provinsiale Kommissaris, Premier en die LUR.
Dr. Zamani Saul het gesê, ongeag die swak ekonomiese toestande in die land, wat streng begrotingsbeperkings tot gevolg het, die polisie alle hulpbronne tot hul beskikking moet aanwend om misdaad te beveg en veilige omgewings te verseker. Verder het hy lede aangemoedig om hul eie akademiese rekords op te gradeer. Die Premier het afgesluit deur die Provinsiale Kommissaris en die bestuur te prys vir die besondere werk wat hulle in die provinsie doen.
’n Fantastiese optrede is deur die polise se orkes gelewer.







