KWAZULU-NATAL – ’n Familie in KwaZulu-Natal het drastiese stappe geneem nadat ’n lewenspolis se uitbetaling by Old Mutual vertraag was.
’n Video van die familie wat die liggaam van ’n oorledene in ’n sak by die versekeringsmaatskappy se kantoor indra, is op sosiale media gedeel.
Die familie het die lyk by dié kantoor afgelaai nadat die polishouer nie sy eis met die maatskappy kon uitklaar nie.
Old Mutual het sedertdien daarop geantwoord en bevestig die eis is uitbetaal en gesê eise word elkeen op ‘n individuele basis hanteer.
Die maatskappy het verduidelik die vertraging was weens die behoefte aan ‘n “verdere asseseering” wat gedoen is. Hulle het gesê 99% van alle eise word binne agt uur uitbetaal wanneer dit aan al die vereistes voldoen.



