BLOEMFONTEIN – ’n Nasorgjuffrou (28) by Laerskool Brandwag in Bloemfontein is op aanklag van die verkragting van ’n 13-jarige seun in hegtenis geneem.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het aan OFM gesê die polisie ondersoek ’n verkragtingsaak nadat die onderwyseres Dinsdag gearresteer is.
Na bewering het die onderwyseres die seun na haar woonstel geneem waar die voorval plaasgevind het.
Haar diens is sedert die begin van die ondersoek by die onderwysdepartement opgeskort.
Die beskuldigde gaan op 21 November voor die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Die ondersoek duur voort.



