KIMBERLEY – NC Glass & Aluminium gaan groter in 2020 na ’n suksesvolle voorstelling van hul eerste skouhuis.
So sê Maatjé Brand, die bestuurder, oor hulle planne vir volgende jaar vir die skouhuis wat met hulle beste glas- en aluminiumprodukte uitgerus is. Lees ons vorige berig, Skouhuis met die beste glas- en aluminiumprodukte uitgerus.
Brand sê: “Ons wil vir Hilti, Wurth, Tridor en Ntlo baie dankie sê dat hulle deel van NC Glass kon wees. Ons is ook dankbaar vir die personeel wat die twee dae moontlik kon maak.”
Elkeen wat tyd afgestaan het om saam hulle by die skouhuis te kuier, is ook hartlik bedank.
Gaan groter in 2020
“Ons beplan dit beslis weer vir volgende jaar en ons gaan vir seker groter gaan,” sluit Brand af.





















































































