KIMBERLEY. – Kom geniet vanaand ‘n pretdraf saam met Tafel Lager Griekwas se bestes!
Hoe fiks is jy? Kan jy die langpad aandurf, teen tyd kompeteer en dalk van Griekwas se rugbyspelers opdraande gee wanner hulle nie rugby speel nie? Wel, vanaand is jou kans!
Tafel lager Griekwas, in samewerking met Vodacom Kimberley Road Runners, bied vanaand ’n tydwedloop aan. Wat hierdie pretdraf anders maak as ander “Captain’s Run’s” is Griekwas se spelers wat hulle staal kom toon wanneer daar nie kontak gemaak word nie.
HJ Botha, die klubkaptein van die Vodacom Kimberley Road Runners, noem dat hierdie die laaste en grootste pretdraf vir die jaar is. Die 5km, sowel as die 8km, gaan sorg vir hope opwinding. Sanlam het ’n watergat op 5km, terwyl GVS makelaars/Joz the Keyman en Dentist at Memorial sal sorg vir pryse met die geluktrekkings.
Hou in gedagte die Tafel Lager Griekwa rugbyspan is reeds meer as ’n maand hard aan die werk en behoort op fiksheid vlak te wees wat jou dalk na ’n amateur kan laat lyk. Hierdie behoort ’n kompetisie uit eie reg te wees, alhoewel die wedloop in ’n goeie gees geskied.
Kom deel in die laaste Captain’s Run vir 2019 en sluit die jaar op ’n fikse nooit af.
Die hele gesin is welkom. Springkastele, braaigeriewe en ’n kontantkroeg is deel van die verrigtinge wat by Bishops Klub plaasvind.
Die tydwedloop begin stiptelik om 18:00 en alle lede, asook nie-lede is welkom.
Vir meer navrae skakel vir HJ by 082 9622 898.



