Foto’s van kinders wat “stoei” aanlyn verkoop

BRONKHORSTSPRUIT – Kimberliete waarsku enigeen wat suggestiewe foto’s van hulle kinders wil neem en op die internet verkoop. 

Die waarskuwing is na aanleiding van ’n karate- en stoei-afrigter van Bronkhorstspruit, Neville Randall, wat na bewering foto’s van jong kinders in “stoei-posisies” op die internet verkoop het.

Volgens News24 verkoop Randall dié foto’s vir tot soveel as R1 500 per stel.

Die foto’s van kleuter- en tienerseuns en -dogters wat in suggestiewe posisies gesien kan word, is ook gemerk met sleutelwoorde soos “schoolboy”, “body scissors”, “crucifix pins”, “schoolgirl pins”, “strangling” en “boy dominating girl”.

Rapport het Sondag berig oor ’n webtuiste wat duisende foto-albums van kinders bevat wat onder andere deur Randall, wat sedert 2000 kinders afrig, verkoop word.

Kliënte kan ook volgens berigte pasgemaakte foto’s met die kinders van hul keuse bestel.

’n Magdom stelle is deur die aanlyn koerant gesien waar jong kinders in skyngevegte deelneem. Een bladsy is opgedra aan “boy vs girl”-foto’s, waarin seuns en dogters met mekaar stoei en oorheers. Op een foto bind ’n meisie ’n seun vas aan ’n houtpaal. In ’n ander foto hou ’n seun ’n tienermeisie in ’n wurggreep van agter op die vloer, terwyl sy haar bene van mekaar af dwing.

Volgens Rapport kan die owerhede nie ingryp nie, aangesien geen misdaad gepleeg is nie. Die kinders se ouers het tot die foto’s toegestem. Die koerant het ook berig dat die kinders vir hul pogings betaal word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *