CHINA – ’n Video wat as die “beste advertensie teen rook” bestempel word, is wyd op sosiale media versprei nadat ‘n Chinese oorplantingschirurg ‘n video van sy span gedeel het waarin hulle die swart longe van ‘n orgaanskenker verwyder het.
Dokter Chen Jingyu, hoofchirurg van die oorplantingspan in die Wuxi People’s-hospitaal in die Jiangsu-provinsie in Chin, het gesê die pasiënt is op 52-jarige ouderdom dood nadat hy 30 jaar lank ’n kettingroker was. Die oorledene wou sy organe skenk, maar die span van Jingyu het vinnig agtergekom die swart longe is nie vir oorplanting geskik is, berig RT, ’n Russiese internasionale TV-uitsaaier.
Die roker se longe het al die tekens van verkalking, longsiekte en longemfiseem getoon. Die video, wat op Chinese sosiale media gedeel is met die hutsmerk “jieyan” wat Mandaryns is vir “quit smoking” is meer as 25 miljoen keer gekyk.
Sien die grusame video hier:
Wees gewaarsku – dit is nie vir sensitiewe kykers nie.




