KIMBERLEY – Besoek NC Glass & Aluminium se skouhuis-opedag op 14 en 15 November. Moet dit nie misloop nie!
Jongste glas- en aluminiumprodukte
Kom kyk na die huis in Duvenhagestraat 35 wat met van die beste glas- en aluminiumprodukte van NC Glass & Aluminium toegerus is.
Ontmoet die kenners
Jy kan selfs met die kenners van Hilti, Tridor en Wurth gesels en die vriendelike span van Ntlo Signs ontmoet.
Pasgemaak na jou smaak
“Ons diens is nie aan een gebied gebonde nie,” verduidelik Maatjé Brand, bestuurder van NC Glass & Alumunium, ’n plaaslike maatskappy wat gefokus is op goeie diens en spesialiseer in kwaliteit pasgemaakte glas- en aluminiumprodukte. Met passie streef hulle span daarna om aan elke kliënt die beste diens te lewer.
Alhoewel die skouhuis ’n jaarlikse instelling word, moet dit nie misgeloop word nie.



