Facebook-blad vir seun wat glo deur meisie aangerand is

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – ’n Facebook-blad is sowat vyf ure gelede geskep om die jong hoërskoolseun, wat herhaaldelik deur ’n meisie geslaan, is te ondersteun.

Dié blad, genaamd Saam Staan Brandon, het vandat die blad geskep is reeds 1 711 lede.

Hierdie blad is gestig ná ’n video, wat wys hoe ’n hoërskooldogter hom herhaaldelik met ’n vuis slaan, derduisende keer gekyk en gedeel is.

Albei hierdie leerders is na bewering 16 jaar oud en in Hoërskool Jan Viljoen, in Randfontein.

Sonja de Lange, die stigter van die blad, sê almal op die blad is daar om saam met Brandon te staan. “Maak nie saak wat gebeur nie, ons ondersteun hom. Ons verstaan hoe moeilik sulke situasie kan wees, maar ons sal dit oorwin.

Talle mense het op hierdie blad gesê hoe trots hulle op hom is dat hy nie in daardie oomblik, sy hande vir die meisie gelig het nie.

Lees die vorige berig hier.