Leerder verduidelik beelde is nie satanisties

Deel hierdie storie / Share this story

RICHARDSBAAI – Die matriekleerder aan die privaatskool Grantleigh in Richardsbaai het ’n persverklaring uitgereik nadat sy kunswerke ’n herrie op sosiale media veroorsaak het.

Dit is as gevolg van die terugslag oor sy kuns nadat dit op sosiale media uitgelek is, sê hy, wat hy as die kunstenaar besluit het om hierdie persverklaring uit te reik.

“Ten spyte van die mening van die ouer in die video is die kunswerke nie ‘satanisties’ nie. Rasionalisering daarvoor is by elke kunswerk gevoeg en kan in die video gesien word.”

“Die kunswerke verken die kommersialisering van kontemporêre georganiseerde godsdiens asook die monetêre uitbuiting daarvan deur gulsige mense wat agter die front van kerke en vroom godsdienstige organisasies wegkruip.”

“My werk bespreek deur die gebruik van godsdienstige beelde hoe kontemporêre godsdiens oppervlakkig geword het.”

“In plaas daarvan om op ’n dieper vlak ’n betekenisvolle verbintenis met godsdiens te hê en nie bang te wees om metafisiese vrae te stel nie, gebruik baie mense godsdiens soos enige ander produk. Dus die gebruik van die Ronald McDonald as ’n simbool van die besmetting van verbruikerskultuur op geloof.”

“Sommiges is kwesbaar om gemanipuleer te word deur godsdienstige leiers wat hul eie lewens verryk in plaas daarvan om ’n positiewe verandering in die wêreld te bring.”

“Die gebruik van Ronald McDonald is nie laster van enigeen se persoonlike messias nie. Inteendeel is dit ’n simbool van die misbruik daarvan.”

“Ek gee nie om wat elkeen glo nie, maar wil die potensiële risiko van die wyse waarop mense glo uitwys.”

“Ek hoop elkeen lees my persverklaring en verstaan my kunswerke is nie satanisties soos wat dit uitgemaak word nie. Dit kom nie uit ‘n plek van kwaadwilligheid nie en weerspieël ook nie die siening van my skool nie. Daarom veroordeel ek ongegronde aantygings teen my kunswerke.”

“Ek kan nie iets beskadig wat reeds gebreek is nie,” sluit hy af.

Lees ons vorige en sien die video, Pastoor maan teen aanval op kunstenaar wat laster.