N12 tussen Bloemhof en Christiana steeds gesluit

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMHOF – Die polisie in die Noord-Wes maan die gemeenskap van Bloemhof om nie misleidende inligting en dreigemente op sosiale media te versprei nie.

Dit volg nadat die N12 sedert Maandag as gevolg van protesaksie in die Bloemhof-gebied gesluit bly.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê ondanks verskeie versoeke aan die publiek om sosiale media verantwoordelik te gebruik, word misleidende inligting en dreigemente steeds op sosiale media-platforms versprei. 

Hy sê inwoners van Bloemhof word weer eens gemaan om dit te vermy, aangesien dit nie help om stabiliteit in die omgewing te bewerkstellig nie, maar geweld aanhits.

Weens voorvalle van klipgooiery word die verkeer op die N12 tussen Bloemhof en Christiana steeds afgelei.

Motoriste word versoek om saam met verkeersbeamptes te werk wat op verskillende punte geplaas is om die verkeer te herlei.

Die polisie monitor die situasie, sê Mokgwabone.