Jong man sterf in motorongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Jong man in sy twintigs is oorlede nadat sy voertuig en ’n vragmotor gebots het.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder vir die polisie, sê die ongeluk het omstreeks middernag op die R31 tussen Kimberley en Barkly-Wes plaasgevind.

Die bestuurder van die motor is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die trok is ongedeerd. 

ER24-nooddienste was op die toneel.