PLATFONTEIN – DA-raadslid Peet Louw, saam met personeel en aktiviste het Saterdag rommel op Platfontein opgeruim.
Louw sê hulle het by ’n skool begin vullis optel en poog om dit ’n maandelikse projek op Platfontein te maak. Volgende gaan hulle by die kliniek skoonmaak.
Rommelstrooiing is ’n groot probleem hier. ’n Tekort aan vullisdromme is gedeeltelik daarvoor verantwoordelik, sê Louw.
Die munisipaliteit het voorheen die gemeenskap van industriële dromme (skips) voorsien, maar weens rommel wat daarin uitgebrand word, het die dromme se staal verswak. Dit kan nie opgehys word nie en kan daarom nie gebruik word nie.








