KIMBERLEY. – ’n Man is in hegtenis geneem nadat die polisie Mandrax-tablette in sy huis gevind het.
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die 34-jarige man sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Galeshewe op aanklag van dwelmhandel verskyn. “Dié dwelms is in sy huis in Chakastraat, in Galeshewe, gevind tydens ’n operasie wat die polisie uitgevoer het.”
’n Vrou, diep in die dertig, is ook in hegtenis geneem, ná sy in besit was van ses klein plastieksakkies vol metamfetamien (crystal meth). “Sy is by haar huis in Bechwanastraat, in Galeshewe, in hegtenis geneem en sal ook na verwagting in die Galeshewe-landdroshof verskyn.”





