SUID-AFRIKA. – Die koninklike gesin, Harry en Meghan, met hulle babaseuntjie, Archie, is tans in Suid-Afrika.
Hulle het hierdie toer op 27 Junie 2019 op hulle Instagram-blad, sussexroyal, bekend gemaak. Ná maande se beplanning het hulle Maandag met hulle amptelike toer van Suider-Afrika begin.

Op hulle Instagram-blad sê hulle die doel van hierdie toer is om te fokus op die gemeenskap, die leierskap, vroue- en kinderregte, psigiese gesondheid, MIV/Vigs en die omgewing.
Een van die projekte wat dié gesin in Nyanga, Wes-Kaap, besigtig het, was die Mkokodo-projek, wat selfverdedigingsklasse en bemagtiging-werkswinkels vir jong vroue wat trauma oorkom, aanbied.

Tydens hierdie werkswinkel het Meghan Markle, die hertogin van Sussex, gesê: “And just one personal note, may I just say that while I am here with my husband as a member of the royal family, I want you to know that for me, I am here with you as a mother, as a wife, as a woman, as a woman of colour and as your sister.”
Archie Harrison Mountbatten-Windsor, die koninklike egpaar se seuntjie, het ook vanoggend vir aartsbiskop Desmond Tutu ontmoet.




