Pad al maande voorberei, maar nie herstel nie

Deel hierdie storie / Share this story

Die padoppervlak in Tweede en Derde Laan, Greenside, is al maande gelede voorberei om herstel te word, maar is steeds nie herstel nie.

Louisa Swartz het foto’s aan FiND iT verskaf oor die huidige toestand van die strate. Swartz sê dié wat al ’n paar maande gelede voorberei is om geteer te word, is net so gelos.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê die munisipaliteit se teervoorraad was min, maar dat die paaie hopelik teen volgende week herstel sal wees.