UPINGTON. – Lede van die polisie het hier byeengekom om kol. Abraham Raff se pure trou en toewyding as hoof van VISPOL te vier.
Hy tree op 30 September, ná 40 jaar in die polisie se diens, af.
Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê die geleentheid is gevier met die teenwoordigheid van majoor-generaal Phiwe Mnguni, die adjunk-provinsiale kommissaris. “Hy het namens die provinsiale bestuur ’n toespraak gelewer vir die jare van ywer wat dié lid aan diens gebied het en wens kol. Raff alle voorspoed vorentoe.”
Brig. Sampie Koopman, stasiebevelvoerder, het gesê Kol Raff laat ‘n nalatenskap agter.




