PRETORIA – Mike Bolhuis, die bekende ondersoeker van Pretoria, het om verskoning gevra vir die rassistiese aanmerkings wat hy in ’n WhatsApp-stemnota aan sy klient gemaak het.
Bolhuis sê hy was woedend in die gesprek met sy kliënt en hy het onprofessioneel opgetree toe hy na ’n Wes-Afrika-sindikaat in die ‘sextortion’-saak verwys het.
Hy sê hy wou kontras stel dat dit nie werklik ’n pragtige dame aan die anderkant van die foon was wat sy kliënt afgepers het nie, maar ‘n sindikaat.
“Ek besef nou dat ek baie mense seergemaak het. Dit was verkeerd,” het Bolhuis gesê. Lees ons vorige berig, Bolhuis gekanselleer na rassistiese WhatsApps uitkom.



