Hofdokumente, riool en vullis in veld naby hospitaal ’n kopseer

El Toro Park – Die veld naby die Gariep-hospitaal in El Toro Park, Kimberley, het ’n kopseer vir inwoners geword, nadat rommelstrooiers die veld in ’n stortingsterrein omskep het.

Talle inwoners maak gebruik van die veld. Veral oor naweke stap hulle graag met hul kinders en honde, of ry selfs fiets of motorfiets hier, skryf ’n inwoner in ’n e-pos aan FiND iT.

Riool- of munisipale water stroom na bewering sedert Februarie by infrastruktuur in die veld uit.

Foto’s en dokumente, onder andere van die hooggeregshof, lê oop en bloot hier gestort. 

In nog ’n voorval het die inwoner ’n wit bakkie, met ’n waentjie, opgemerk wat vullis hier stort. Een van die grondpaaie in die veld is met vuilgoed toegegooi.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *