Waterkrisis duur voort

KIMBERLEY. – Die waterkrisis in die Diamantstad duur nog voort.

Die Sol Plaatje-munisipaliteit het om 16:00 gesê indien die reservoirvlakke by die Newton-reservoir teen vanaand voldoende is, die water vir ’n kort rukkie aangeskakel sal word, aangesien die meerderheid van die areas in Kimberley vanaf gister geen water het nie.

Inwoners van Kimberley moet dus probeer voorsiening maak vir die naweek.

“Die kontrakteur het daarin geslaag om die elektriese verbinding van die nuwe pompstasie te konnekteer na een van die pompe wat kortsluitings veroorsaak het,” sê Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit.

Besighede en skole is ook deur dié waterkrisis beïnvloed. Kinders is reeds vanoggend huis toe gestuur weens die tekort aan water.

Inwoners het hulle ongelukkigheid op Facebook weergegee.

Aletta Nel sê nêrens is water nie. Mense moet maar rustig wees, want mens se bloeddruk styg net as jydink aan al die negatiewe gebeure hier in Kimberley, die eertydse stad van diamante.

“Ek het al die nommers wat ek kon kry gebel en niemand tel fone op nie. Selfs nie eens die skakelbord nie. Weet enigiemand wat aangaan? Ons was mos veronderstel om vanoggend water te hê. Nêrens antwoord enigeen van Sol Plaatje ons nie. Ek weet nie eens wat die nut is om te vra wie se water nog af is nie. Dit help ons niks nie,” sê Carol Smith

Lorette Gouws sê die middestad het ook geen water nie – toilette word die ergste getref by groot besighede wat nie voorsiening gemaak het nie.

Hester Maree sê Newpark se water is van gister af en is nog steeds af. “Dis om ’n mens vies te maak. Wonder nou net hoe lank gaan dit nog af wees.”

1 thought on “Waterkrisis duur voort

  1. Our once Proud and Functional City are being held Hostage by A lot Of THIEVES. CancER.
    And it’s just a few THIEVES. THEY KNOW WHO THEY ARE AND WE KNOW THEM.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: