Bolhuis gekanselleer na rassistiese WhatsApps uitkom

PRETORIA – Mike Bolhuis, die bekende ondersoeker van Pretoria, se tweede seisoen van sy TV-reeks Bolhuis, op kykNET, is gekanselleer ná hy na bewering rassistiese aanmerkings in ’n WhatsApp-stemnota gemaak het.

Luidens berigte is die reeks gekanselleer nadat Bolhuis se kliënt, ’n student van Potchefstroom, die stemnota onder die aandag van die bestuur van kykNET gebring het. In die stemnota maak Bolhuis rassistiese aanmerkings om na ’n verdagte, ’n vrou, in sy kliënt se saak te verwys.

Rian van Heerden, ’n aanbieder van kykNET, het gesê ’n persverklaring sal later in die week vrygestel word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: