Internasionale Jeugdag by Sol Plaatje-universiteit

Foto: Wilkinson Architects

KIMBERLEY. – Die Sol Plaatje-universiteit (SPU) en die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (DIRCO) hou vandag ’n uitstalling en simposium ter viering van internasionale jeugdag.

Die uitstalling en simposium vind by die sentrale kampus plaas met die tema transforming education.

Die uitstalling het vanaf 16:00 tot 18:00 in die kampusbiblioteek plaasgevind. Die simposium het om 18:00 in die biblioteek se ouditorium begin, waar mnr. Alvin Botes, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, ’n toespraak oor ekonomiese diplomasie sal gee. Daarna sal ’n paneelbespreking oor ekonomiese geleenthede vir jongmense volg.

Die paneel bestaan uit verteenwoordigers van DIRCO, SPU, die kantoor van die premier (Noord-Kaap) en die nasionale jeugontwikkelingsagentskap.

Me Kashini Maistry, senior bestuurder van kommunikasie en bemarking by die universiteit, sê hulle nooi 150 jeugdiges uit die groter Kimberley-omgewing uit om die geleentheid by te woon en saam met die personeel en studente van die SPU sal hulle die gehoor uitmaak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: