Twee van vier voortvlugtendes aangekeer

Twee van die vier verdagtes wat uit die polisie se aanhoudingselle op Hartswater ontsnap het, is aangekeer.

‘n Betroubare bron het aan FiND iT bevestig twee van die vier voortvlugtendes is gevang.

Die vier verdagtes het Saterdagaand uit die polisieselle ontsnap, maar die saak is glo eers Sondagoggend omstreeks 07:30 aangemeld.

Kapt. Olebogang Tawana, polisiewoordvoerder, sê die polisie sal inligting gee sodra dit geverifieer is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: