HOPETOWN – Die elektrisiteit op Hopetown is gisteraand tydelik herstel, maar ’n kleinhoewe en vulstasie langs die rivier is sonder krag. ’n Nuwe kraglyn moet eers aangelê word.
Hentie Brits, ’n DA-raadslid op die dorp, sê die munisipaliteit is besig om twee roetes gelyktydig vir foute na te gaan. Die pompe wat die dorp van water voorsien, word nog teen ’n ekstra koste met kragopwerkkers aangedryf.
Brits sê dit is nog nie duidelik wanneer herstelwerk afgehandel sal wees nie.



