Dorp drie dae sonder krag en nou ook sonder water

Seeff

HOPETOWN – Die inwoners van Hopetown is vir sowat 72 uur sonder krag nadat ’n mediumspanning kragtoevoerkabel gebrand het. By waterpompe wat sonder elektrisiteit staan, is die toevoer van water ook ’n probleem.

Hentie Brits, ’n inwoner, besigheidseienaar en raadslid op die dorp, sê die hospitaal en die koshuis, wat op die hoogste helling lê, ly die ergste sonder water. 

’n Klein gedeelte van die dorp het krag, maar die res van die besighede en inwoners maak van kragopwekkers gebruik. Water word ook na ander gebiede gepomp, maar dit neem te lank om tot by die hospitaal en koshuis te pomp, verduidelik Brits.

Voorts sê hy dit is ’n groot probleem vir studente in die koshuis wat in die donker vir die eksamen moet voorberei.

Brits sê die munisipaliteit moes die nodige toerusting koop en ’n gekwalifiseerde tegnikus ontbied om na die elektriese fout te kyk. Die eerste poging om die kabel te herstel het tot ’n ontploffing gelei. Die probleem is veroorsaak omdat daar nie gereeld instandhoudingswerk gedoen word nie, het hy bygevoeg.

Brits sê die laaste kennisgewing wat hy ontvang het, sê Thembelihle-munisipaliteit beoog om die kragtoevoer binne die volgende 24 uur te herstel.

FiND iT hou jou op hoogte.

1 thought on “Dorp drie dae sonder krag en nou ook sonder water

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: