Voormalige ANC-leier weer in hof vir beweerde seksuele misdrywe

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Marius Fransman (49), voormalige leier van die ANC in die Wes-Kaap, het weer vanoggend in die landdroshof in Kimberley op aanklag van seksuele misdrywe en naamskending verskyn. Die saak is tot 14 Augustus 2019 uitgestel.

Louisa Wynand (21) het die klag teen Fransman ingebring.

Luidens die klagstaat het die misdrywe na bewering op 4 en 5 Januarie 2016 plaasgevind.

Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.