Suid-Afrika het nou meer as 2 408 500 bevestigde Covid-19-gevalle ná nog 17 351 gevalle in die laaste 24 uur aangemeld is.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Woensdagaand aangekondig die sterftesyfer weens Covid-19 staan tans op 70 908. Nog 580 sterftes is in die laaste 24 uur aangemeld.
Suid-Afrika het tot dusver 14 694 978 toetse vir Covid-19 doen en ‘n totaal van 7 065 432 mense is tot dusver ingeënt.



