Jan Bloukaas, oftewel Jean du Plessis, die Suid-Afrikaanse musikant en kletsrymer, het op op 9 Januarie ná ‘n skandering die nuus gedeel dat sy kankergewas kleiner is.
Op 24 Januarie sê hy vir sy aanhangers hy het moontlik Bell-verlamming (Bell’s palsy). Op 2 Februarie, nadat ‘n breinskandering twee dae vantevore gedoen is, sê hy in ‘n video die kankergewas is 25% kleiner as met die laaste skandering en die moontlikheid bestaan dat hy dalk nie Bell-verlamming het nie, maar dat die kanker, alhoewel kleiner, moontlik op ander plekke groei en teen ‘n gesigsenuwee druk.
Volgens die video soos hier bo gedeel, kan die probleem met die senuwee permanent wees en hy gaan nou vir ‘n onbepaalde tyd binneaarse chemoterapie ontvang
Hy beskryf sy gevoelens as hartseer en teleurgesteld, maar sê hy is steeds dankbaar vir sy lewe.
In die video kan gesien word hoe die een kant van sy gesig beïnvloed is en nie kan beweeg wanneer hy praat nie.
Bloukaas het op 7 Januarie ‘n emosionele video gedeel oor ‘n skandering wat hy einde Januarie sou kry om te kyk of sy behandeling vir kanker suksesvol is, maar sy ma kon die datum laat vervroeg en hy kon twee dae later bekendmaak die gewas is kleiner.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



