GAUTENG. – ‘n Gr. 8-leerder van die Sekondêre Skool Oakdale, in Ennerdale, is dood nadat hy vroeër die week voor die skooldag ‘n aanvang kon neem buite die skool met ‘n skerp voorwerp gesteek is.
Steve Mabona, die woordvoerder vir die departement van onderwys in Gauteng, sê nog ‘n gr. 10-leerder ontvang mediese behandeling in die hospitaal.
Na bewering het ‘n geveg Dinsdag tussen leerders uitgebreek. Die steek-insident is vermoedelik deur die betrokkenheid van heersende bendes tussen leerders van verskeie skole in die area beïnvloed.
Die SAPD ondersoek die voorval.
Sielkundiges ondersteun diegene wat die voorval sien gebeur het.
“It is with great sadness that we confirm a stabbing incident which took place in a school, and claimed the life of one of our learners, whilst injuring another. No child must ever be harmed, especially in our school environment. As such, we call upon our law enforcement agencies to ensure justice prevails. Our thoughts are with the family of the deceased learner, as well as the learner who is currently recovering in hospital,” het Matome Chiloane die LUR van onderwys in die provinsie gesê.
Die LUR sal die skool vandag besoek, waarna hy die familie van die oorledene sal besoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



