Busongelukslagoffers se name is bekend

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Ses van die meisies van Hoërskool Riebeeckstad wat Dinsdag in ‘n ongeluk oorlede is nadat ‘n bus op die R70 buite Senekal gerol het, se name is bekend gemaak.

Brig. Motantsi Makhele sê behoorlike protokol is gevolg en die families van die oorledenes is in ag geneem met die bekendmaking van die name. Hulle is:

Oagile Gailele (13)
Lerato Keketsi (13)
Busisiwe Makansela (13)
Tlotlisang Mokotjo (13)
Relebohile Nteo (14)
Katleho Semelo (13)

Die polisie het weereens herrinner dit is te vroeg om enigiemand vir die strafbare manslagsaak wat ondersoek word verantwoordelik te hou en gesê die ondersoek duur voort.

Voorts is ‘n versoek gerig vir sensitiwiteit teenoor die families van die oorledenes wat deur ‘n moeilike tyd gaan, alvorens onbevestigde inligting versprei word.

“Our hearts goes out to the families and friends of those who lost their lives in this unfortunate incident. We request show of respect coming to the privacy of the grieving families during this difficult time. Police are still continuing with investigations on a culpable homicide case and it’s still too early to hold anyone liable until it has been proven as such by the outcome of the investigations. We appeal to our communities to be sensitive about the details pertaining to this accident and avoid communicating unconfirmed information which might cause out more strain on the families which are already going through very difficult times,” het lt.genl. Baile Motswenyane, die provinsiale kommissaris van die provinsie, gesê terwyl sy medelye teenoor die families van die oorledenes uitgespreek het.

Sindisiwe Chikunga, die minister van vervoer, sal vandag die ongelukstoneel besoek.

Intussen berig Veldbrand Radio gister, met inligting wat van nooddienste ontvang is, die meeste van die skoolmeisies wat vir beserings in hospitale opgeneem is, is reeds ontslaan.

Lees die volledige plasing hier onder:

Veldbrand Radio het die volgende inligting ontvang van EMS.

*Bongani Hospital saw 24 patients*

1 Patient is still admitted (serious but stable)

1 Patient transferred to MediClinic Welkom

22 Patients are discharged

*MediClinic Welkom*

17 Patients treated, 15 discharged, 2 are still

admitted

*Senekal Itemoheng Hospital*

Saw 4, 2 transferred to Dihlabeng, 2 discharged

Death toll is still at 7 subject to further verification

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.