BLOEMFONTEIN. – Jeffrey Bona (42), ‘n gevangene in Mangaung-gevangenis, is tot lewenslank deur die Bloemfontein-streekshof gevonnis nadat hy in 2021 ‘n mede-gevangene verkrag het.
Mojalefa Senokoatsane van die NVG sê beide gevangenes het as gevolg van meertallige verkragtings vonisse uitgedien. Die slagoffer het die verkragting aan die owerhede gerapporteer en die beskuldigde is aangekla.
Senokoatsane sê die vervolging het ter verswaring van die vonnisoplegging volgehou die hof moenie van die gepaste vonnis van lewenslange vonnis afwyk nie, aangesien die beskuldigde geen berou getoon het nie. In die hof is aangevoer dit is in die gemeenskap se beste belang vir die beskuldigde om lewenslank toegesluit te word, aangesien hy reeds in die gevangenis is.
Die hof het bevind daar is geen omstandighede om nie ‘n lewenslange vonnis op te lê nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



